As sosiale wesens is mense voortdurend in interaksie met mekaar. N.J. Habraken het uitgewys hoe ons gevoel van emosionele welstand deur ons voortdurende visuele en fisiese interaksie bevorder word, en het die rol van argitektuur in die bevordering van hierdie sin beklemtoon. Patrick Shumacher noem bondig dat "Argitektuur die fasilitering van menslike kommunikasieprosesse is." Hierdie skrywers is verteenwoordigend van 'n algemene konsensus dat argitektuur grootliks instrumenteel is in die ontwikkeling en verbetering van kommunikasie, en in bydrae tot die lewenskragtigheid van 'n gemeenskap. J. Nel 2014
Roeiklub en Veeldoelige ontwikkeling | Paarl
Die twee oewers van die rivier word saamgeweef deur ‘n reeks visieule- en fisiese konneksies vir voetgangers. Die promonade word verleng en sameknoopgeleenthede word geskep al langs die rivier oewer.
Die kern van die voorstel is die rivier en die genot en beskerming daarvan. Die rivier is ‘n samekoms geleentheid vir die gemeenskap. Die roei-klubhuis is herverbeel as ‘n opwindende samekomsgeleentheid.

